Beendere in gastehuis-brandpuin gevind

Deel hierdie storie / Share this story

WITDRAAI. – Beendere is vanmiddag in die puin by die Blinkwater-lodge in die Kalahari gevind. Dit kan in hierdie stadium nie bevestig word as die oorblyfsels van die vermiste kind is nie.

Die Blinkwater-lodge het in die vroeë oggendure van Sondag 16 Augustus 2020 afgebrand. Tot op hede is nege mense se lewens deur die brand geëis. ’n Hele gesin is uitgewis.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê forensiese brandondersoekers en forensiese antropoloë word ingewag om die toneel te fynkam. “Identifikasie sal bevestig word sodra die kundiges hul ondersoeke afgehandel het.”