Seun (12) skuif voertuig, ma dood

Deel hierdie storie / Share this story

KATHU – ’n Seun (12) het Donderdagmiddag omstreeks 17:15 die familie se Toyota Land Cruiser geskuif toe sy ma (39) in ’n fratsongeluk dood is.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek die saak na die tragiese dood van die ma van vier minderjarige kinders. “Die seun het die voertuig probeer skuif toe hy per ongeluk die versneller getrap het wat sy ma tussen twee voertuie vasgepen het. Die oorledene is op die toneel deur paramedici dood verklaar. Die polisie-ondersoek duur voort.”

Die vrou se man was tydens die voorval uitstedig.