Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, sal vandag die eulogie by die provinsiale amptelike begrafnis van wyle MacCollen Jack, LUR vir onderwys in die provinsie, lewer.
Jack is op 12 Augustus oorlede.
President Cyril Ramaphosa het opdrag gegee dat die Suid-Afrikaanse vlag halfmas hang in die provinsie tot vanaand. Dis ‘n teken van respek.
Die begrafnis vind vandag om 09:00 op Jack se tuisdorp, Graaff-Reinet, plaas.
Kyk die regstreekse uitsending hier:



