Douglas – ’n Vermiste man (31) is gister 13 Augustus 2020 gevind nadat hy vir twee dae vermis was.
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die man is deur plaaswerkers op ’n nabygeleë plaas gevind. “Hy het geen beserings opgedoen nie en was ongedeerd. Die ondersoek duur voort.”



