KIMBERLEY – Xena, ‘n varkhond-tefie, het Maandag in die Herlear-gebied vermis geraak. Die beloning vir haar veilig terugbesorg is verhoog.
Jolanda Loubser, Xena se eienaar, sê iemand het haar Maandag by die Robert Sobukwe-hospitaal gewaar, maar hulle kon haar nie vang nie.
Skakel asseblief 078 155 3035 of 071 506 4561 indien jy weet waar Xena is of haar iewers gewaar.



