Volgens statistieke het misdaad oor die algemeen in die 2019/2020 finansiële jaar afgeneem. Die voorwerp vir moord en aanranding wat die meeste in die Noord-Kaap gebruik word, is messe. In totaal is 1647 aanrandings met messe gerapporteer waaronder 144 poging tot moord was en 162 tot moord gelei het.
In totaal het daar 148 gerapporteerde moorde en 143 pogings tot moord as gevolg van ’n misverstand plaasgevind, alhoewel 1424 mense as gevolg van ’n misverstand aangerand is.
Argumente het gelei tot 61 moorde, 44 pogings tot moord en 1006 aanrandings.
Statistieke bewys ook dat 638 verkragtings in die laaste finansiële jaar in die huis van die slagoffer of die misdadiger plaasgevind het. Met ander woorde, meeste verkragtings vind plaas deur iemand wat die slagoffer ken.
Altesaam 405 verkragting-slagoffers het hulle aanvaller persoonlik geken of die aanvaller was ’n kennis. Volgens statistieke was 105 aangemelde verkragtings deur ’n vriend van die slagoffer.



