KIMBERLEY. – FiND iT bied ‘n geleentheid vir ‘n internskap vir ‘n verslaggewer, met die doel om permanent aangestel te word. Jy sal werk as deel van die FiND iT redaksionele span.
Vereistes:
Passievolle belangstelling in nuus en skryf;
Goeie begrip van die Afrikaanse taal;
Moet vinnig kan werk en vinnig kan leer;
Geldige rybewys.
Dit is ‘n voldagpos.
Aansoeke:
Stuur jou CV en dekbrief aan [email protected].



