KIMBERLEY. – Die Mobifix-kantoorgebou is toe as ‘n voorkomingsmaatreël.
Ruan Stander, van Mobifix, sê Mobifix werknemers werk tot en met Dinsdag, 08:00, van die huis af. “Ons het die kantoor toegemaak nadat ‘n familielid van een van ons werknemers positief vir Covid-19 getoets het. As voorkomingsmaatreël sal ons die kantoorgebou ontsmet.”
Stander sê Mobifix gaan voort soos normaal en alle voorsorgmaatreëls word getref. Kontak Mobifix by 083 325 0577 vir navrae.



