KIMBERLEY – Monument Spar het vandag toegemaak weens twee positiewe Covid-19-gevalle. Klante is gevra om die winkel te verlaat.
Mev. Selmann, eienaar van Spar, sê die winkel word tans ontsmet en sal môreoggend weer oopmaak. “Ons kon die winkel later vandag weer oopmaak, maar ons wil dit eerder ordentlik doen en dan môre vars begin.”



