Gerugte van Heineken S.A. wat toemaak weens die drankverbod tydens die inperking doen dae lank die rondte. Dit is nie waar nie. Heineken S.A. het vandag op hulle Twitter-profiel bevestig hulle maak nie toe nie.
“Heineken S.A. is steeds ten volle operasioneel en maak nie toe soos oral berig nie.”
Heineken S.A. het ook in ’n persverklaring gesê die pandemie sit groot druk op die industrie. “Ten spyte van die ongelooflike moeilike uitdagings wat ons in die gesig staar, bly ons toegewyd aan langtermynbelegging in S.A.”



