As jy ’n pastaliefhebber is, is hierdie vinnige en maklike resep perfek om te maak.
Bestanddele:
- 1 botterskorsie, geskil en gesny
- 5ml Robertsons gemengde kruie (mixed herbs)
- 450 ml warm water
- 1 x Knorr Alfredo-pasta-en-sous
- parmesaankaas, gerasper
- 1 huisie knoffel, gekneus
- 15ml olyfolie
- 5ml Stork-margarien
- 170g pienk salm, gedreineer (vel en been verwyder)
- Vars roketblare
Metode:
- Verhit die oond tot 180°C.
- Meng die botterskorsie, knoffel en gemengde kruie in ‘n oondvaste bak.
- Bedek met olyfolie.
- Bak 30 minute tot sag en gerooster.
- Verhit water en margarien in ’n kastrol tot kookpunt.
- Voeg die inhoud van die Knorr Alfredo-pasta-en-sous by, roer aanhoudend tot kookpunt.
- Verlaag die hitte, roer af en toe vir 8-10 minute.
- Haal dit van die stoof af en laat staan vir 2 minute.
- Sous sal verdik en pasta word sag as dit staan.
- Roer die salm en botterskorsie versigtig by om te verhit.
- Sprinkel parmesaankaas oor en bedien dit met roketblare.



