Gebruik TikTok as deel van jou bemarking

TikTok is die nuutste aanlyn sosialemedia- platform met meer as 1.5 biljoen gebruikers regoor die wêreld. TikTok het ontwikkel vanuit ’n videoskeppings-platform wat uitsluitlik bedoel was vir gebruikers om hul kreatiwiteit uit te druk na ‘n bemarkings- en advertensieplatform.

Hier is ’n paar wenke wat jy kan gebruik om jou besigheid op TikTok te bemark.

  • Skep jou eie inhoud op TikTok:

Voordat jy jou inhoud begin skep, moet jy die unieke styl van TikTok leer ken. Dit is nie ’n formele platform nie; dit is ’n ruimte vir gebruikers en handelsmerke om met neigings te eksperimenteer en ’n ander kant van hulself te wys.As jy jou inhoudsbeplanning doen, probeer om altyd outentiek te bly deur jou handelsmerk se uniekheid te bemark. Gebruikers sal met jou vereenselwig wat hul vertroue teenoor jou handelsmerk sal opbou.

  • Adverteer op TikTok:

Een van die maniere hoe jy jou handelsmerk kan adverteer, is deur geborgde hashtag-uitdagings. Hashtag-uitdagings is ’n groot deel van TikTok. Wanneer daar ’n nuwe uitdaging op die ontdekbladsy is, kan miljoene gebruikers dit sien en daaraan deelneem. Jou besigheid kan betaal om ’n hashtag-uitdaging te borg. As gebruikers dan daarop klik, word hulle na video’s geneem wat jy of jou span geskep het en die uitdaging verduidelik en demonstreer, alles terwyl hulle jou handelsmerk bevorder.

  • Ontwikkel inhoud wat deur middel van beïnvloeders op TikTok geskep is:

As ’n handelsmerk kan jy relevante TikTok-beïnvloeders nader en ’n werksverhouding saam met hul voorstel, maar dit is belangrik om strategies te wees oor met wie jy ’n vennootskap wil aangaan. As jou handelsnaam skoonheidsprodukte verkoop, gaan dit nie die beste passing wees as jy saam met ’n  videospeletjie-beïnvloeder werk nie. Vind beïnvloeders wat binne jou nis werk en wie se persoonlikhede ooreenstem met die waardes en uniekheid van jou handelsmerk. Soos ander invloedryke platforms, moet jy slim wees oor die kontrakte wat jy voorstel en onderteken, en met watter beïnvloeders jy saamwerk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: