Vierde verdagte van Hartswater-plaasaanval in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

HARTSWATER – Die vierde verdagte (20) wat glo betrokke was by die Hartswater-plaasaanval is nou net in hegtenis geneem.

Brig. Vishnu Naidoo, polisiewoordvoerder, sê die ander drie verdagtes is twee mans van onderskeidelik 18 en 19 jaar oud en ‘n vrou van 42 jaar oud. Die vrou was glo nie betrokke by die aanval nie.

Danie en Breggie Brandt, tesame met hulle dogter, Elzabie, het verdwyn nadat hulle Sondagmiddag op hulle plaas op Magogong-plotte, Hartswater aangeval en ontvoer is.  Die familie se silwer Mazda 5-stasiewa was ook in daardie stadium vermis.

Die liggaam van ’n vrou is in die oggendure vanmôre opgespoor. Die soektog na die res van die gesin duur voort. Die egpaar se Mazda 5-stasiewa is gevind.

In hierdie stadium is die motief vir die aanval vermoedelik roof.