Prettige oudtydse “garage sale” Woensdag

Deel hierdie storie / Share this story

Nog ‘n eerste vir Kimberley is die eerste aanlyn “garage-sale” Woensdag, wat deur FiND iT AUCTIONS aangebied word.

Rudi Ferreira, bedryfshoof van FiND iT, sê die tyd is ryp vir so ‘n inisiatief. “Met die inperking steeds in plek in Suid-Afrika, moet meer en meer besighede hulle aanlyn wend. Dit sluit veilings, insolvente bedoels, stoetvee-veilings, lewende hawe en vele meer, in. Besighede het nou die geleentheid om hulle produkte aanlyn te verkoop deur FiND iT se platform, wat reeds meer as twee miljoen lesers het.”

Ferreira sê FiND iT het homself as een van die grootste aanlyn Afrikaanse nuusplatforms in Suid-Afrika gevestig. “Dit het ons ook deur die inperkingstydperk gesien. Daarom brei ons nou uit en ons moedig besighede aan om met ons kontak te maak oor hoe ons hulle produkte aanlyn beskikbaar kan stel.”

“Bv. kwekerye wat ‘n hoeveelheid plante inkry, kan nou deur FiND iT AUCTIONS op een dag al dié produkte bemark. Die idee is om mense vooraf te laat weet wat dié spesifieke dag as ‘n winskopie verkoop kan word. Dit sluit in granietblaaie, lewende hawe, selfone, lugtyd, bababenodighede, boumateriaal en vele meer.”

Die eerste veiling is ‘n prettige oudtydse “garage sale” en jy kan daar ringe vir so goedkoop as R2 optel. FiND iT AUCTIONS veil ook ‘n splinternuwe 32″ televisie op, asook ‘n babastoeltjie, bedkassie, bankies, wasmasjien, rolstoel en nog interessante items. Daar is meer as 50 items op die eerste veiling.

Om aan dié veiling deel te neem, móét jy vooraf registreer. Registreer hier. Jy kan vir die volgende uur aanlyn “chat” met FiND iT AUCTIONS se agente om jou te help met die aantekenproses.

Waarvoor wag jy? Gaan sluit aan!