Manne van Colville maak strate gelyk

KIMBERLEY – Manne van Colville is daagliks besig om die slaggate in hulle woonarea se strate op te vul. Hulle vul die slaggate met sand wat hulle self aandra. Hierdie manne is werkloos en hou hulself op hierdie manier nuttig besig.

