Dis-Chem toe weens twee positiewe gevalle

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Dis-Chem in die North Cape Mall is vandag gesluit weens twee positiewe Covid-19-gevalle. Werknemers is bekommerd oor die ontsmettingsproses en is bang om weer terug te keer werk toe.

Johan Klopper, een van die bestuurders van North Cape Mall, het aan FiND it bevestig die ontsmettingsproses word volgens regulasies gedoen. “Wanneer daar ’n positiewe geval by ’n winkel in die sentrum rapporteer, word, word die winkel volgens regulasies gesluit en ontsmet. Die winkel kan dan eers weer oopmaak sodra ’n goedgekeurde maakskappy ’n sertifikaat uitreik. Sonder die sertifikaat kan dit nie gebeur nie.”

Die winkel sal na verwagting so gou as moontlik weer oopmaak.