Eureka laerskool toe weens ’n positiewe Covid-19 geval

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Laerskool Eureka is vandag toegemaak weens ’n positiewe geval van Covid-19. ’n Onderwyser vir by die gr. RR-leerders het positief vir die virus getoets. Die skool is met onmiddellike effek gesluit.

Mnr. Manie Verreynne, skoolhoof laerskool Eureka, sê dit is met ’n swaar hart wat hulle die nuus moet oordra. “Hierdie is slegs ‘n voorkomende reëling en geen rede tot paniek is nodig nie. Die skool sal volledig ontsmet word. Die departement sal later ’n datum vir heropening deurgee.”