New Heights is ‘n konstruksiemaatskappy wat April 2020 hul deure oopgemaak het. Dawie Niemann en sy vennoot Ruan Wessels het albei al hul eie konstruksiemaatskappye gehad en hulle het dit goed gedink om al die jare se kennis wat hulle opgedoen het saam te sit en New Heights te stig. “Ons het ook besef mense in Kimberley betaal belaglike pryse vir bouwerk en ons wil dit vermy,” vertel Niemann.
New Heights spesialiseer in die lê en herstel van dakplate. Ons doen ook bouwerk en verfwerk. “Ons kan jou droomhuis vanaf die fondasie tot by die dak bou en boonop versier.” New Heights verskaf kwaliteitwerk teen bekostigbare pryse.
Maak seker jy skakel vir Dawie by 064 949 9535 of Ruan by 064 727 6090 indien jy ‘n gratis kwotasie wil hê.



