KIMBERLEY – Scorp Security het onlangs ’n toename in die diefstal van hekmotors in Carters Glen opgelet.
Wickus Coetzee, eienaar van Scorp Security, sê die hekmotors word oor twee nagte gesteel. “Ons het ’n toename in hekmotors was gesteel word in die Carters Glen-area opgelet. Daar is oor die laaste paar dae drie hekmotors gesteel. Ons glo hulle gaan nog areas in die volgende paar weke teiken.”
“Ons glo hulle maak op die eerste aand die motors se boute los en kom dan later terug en steel ’n klomp op een slag.”
Hier is wenke om te verhoed dat jou hekmotor gesteel word:
- Kyk of daar met jou hekmotor gepeuter is. Maak seker al die boute is vas.
- Bel vir Scorp Security indien jy enigiets verdag oplet.
- Bel vir Scorp Security indien jy baie honde hoor blaf.
- Rapporteer enige insidente aan Scorp Security, al is jy nie ’n kliënt nie.



