Hier is jou kans om ’n anonieme vraag oor jou verhouding te vra. Stuur jou anonieme vraag na [email protected].
Anonieme lesersvraag:
Hoe weet jy of ’n man van jou hou? Hy gee gemengde seine en dit maak my onseker. Ek is mal oor hom, maar dit voel nie of hy so mal is oor my nie.
Antwoord:
Wanneer ’n man van jou hou en in jou belangstel, sal jy dit definitief weet. Jy sal nie onseker voel nie. Wanneer iemand van jou hou of vir jou omgee, sal hy / sy nie speletjies speel nie.



