KIMBERLEY – Vullis is nie gister 8 Julie 2020 verwyder nie en sal ook nie vandag of môre verwyder word nie.
Thoko Riet, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaliteit, sê werknemers wag vir terugvoer oor uitstaande oortydgeld. “Ons vra om verskoning vir die ongerief.”
Die situasie word so spoedig as moontlik beredder sodat vullis weer verwyder kan word.



