26 Skole in die Noord-Kaap weens Covid-19-gevalle gesluit

Deel hierdie storie / Share this story

Die departement van onderwys het pas bevestig 26 skole in die Noord-Kaap is nou weens positiewe Covid-19-gevalle gesluit.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die departement van onderwys, sê die skole is gesluit wees die verspreiding van Covid-19. “Alhoewel dit individuele gevalle is wat aangemeld is, bly ons op alle vlakke oplettend en volg die Covid-19-regulasies en -riglyne.”

Hier is die skole wat geraak is:

1. Primêre Skool Carnavon (heropen)
2. Hoërskool Enoch Mthetho (heropen)
3. PrimêreIkhwezi Lokusa Primary (heropen)
4. Hoërskool Phillipstown (heropen)
5. Primêre Skool Zingisani 
6. Primêre Skool Beacon (heropen)
7. Hoërskool Veritas (heropen)
8. Hoërskool Duineveld (heropen)
9. Primêre Skool Delta (heropen)
10. Primêre Skool JJ Booysen  
11. Kimberley Christian School (heropen)
12. Elizabeth Conradie spesiale skool 
13. Noupoort dubbelmedium skool
14. Hoërskool Remmogo
15. Primêre Skool Noord-Kaap
16. GN Pressly-skool 
17. Primêre Skool Isagontle 
18. Hoërskool Thabane  
19. Primêre Skool Tshiamo  
20. Hoërskool Barkly-West  
21. Colston-skool 
22. Hoërskool Rietvale
23. Hoërskool Vuyolwethu
24. Primêre skool Kuruman
25. Jannie Brink spesiale skool
26. Shekinah-skool

“As departement tref ons alle voorsorgmaatreëls om die verspreiding van Covid-19 in skole te bekamp.”