Verantwoordelike leierskap nodig om die stryd teen die koronavirus te wen

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP – Die Demokratiese Alliansie (DA) veroordeel die onverantwoordelike gedrag van die burgemeester van Sol Plaatje, Patrick Mabilo, wat ‘n gewone raadsvergadering bygewoon het terwyl hy vermoedelik die koronavirus opgedoen het, so sê Christopher Phiri, DA Koukusleier, Sol Plaatje-munisipaliteit.

Isoleer

“Dit is bekend dat Mabilo op Donderdag, 2 Julie 2020, ‘n koronavirus-toets afgelê het nadat hy sleg gevoel het. Hy het sedertdien die besluit geneem om homself te isoleer.”

Betroubare bron

“Die DA het egter van betroubare bron verneem dat, hoewel ‘n baie noue kontak van Mabilo op Maandag, 29 Junie 2020, ‘n positiewe koronavirus-diagnose ontvang het, dat Mabilo die volgende dag (Dinsdag, 30 Junie 2020) voortgegaan het om ‘n raadsvergadering by te woon, met die wete dat daar ‘n sterk waarskynlikheid bestaan het dat hy moontlik ook die virus onder lede gehad het.”

Mabilo toegelaat

“Daarbenewens het die Speaker, Ingrid Koopman, wat bewus was van die situasie, vir Mabilo toegelaat om die raadsvergadering by te woon. Sy het ook versuim om mede-raadslede in te lig oor die ekstra risiko om die vergadering by te woon.”

Raadslede en personeellede

” ‘n Verantwoordelike leier sou onmiddellik self-geïsoleer het en kontak met raadslede en personeellede, wat hy moet probeer beskerm, vermy.”

Baie ernstige

“Die DA beskou die nie-openbaarmaking van moontlike koronavirus infeksies in ‘n baie ernstige lig en ons het ‘n skrywe aan die Speaker gerig waarin ons ons verontwaardiging uitspreek oor wat op 30 Junie 2020 gebeur het.”

Beste belang

“Gegewe die voortdurende risiko wat die koronavirus vir almal inhou, tesame met die feit dat die leierskap van Sol Plaatje weereens bewys het dat hulle nie in die beste belang van personeellede en raadslede kan lei nie, het die DA voorlopig ‘n besluit geneem om vir ty den wyl nie vergaderings in person by te weeon nie, maar eerder op ‘n virtuele platform. Ons versoek verder ‘n sertifikaat wat die dekontaminasie van die stadsaal, raadskamers en enige ander gebied wat as ‘n werksarea vir raadslede beskou word, bevestig.”

Uitgevaardig is

“Ons wil verder mede-raadslede, amptenare en lede van die publiek daaraan herinner dat ingevolge die President se spesifieke stel regulasies wat op 18 Maart 2020 ingevolge die Wet op Rampbestuur op 18 Maart 2020 uitgevaardig is, ‘n persoon strafregtelik aanspreeklik kan wees as hy/sy weet dat hy/sy die koronavirus opgedoen het en iemand anders aan die virus blootgestel het. Sodanige persoon kan strafregtelik aangekla word van aanranding, poging tot moord of selfs moord.”

“Ons doen ‘n beroep op almal, insluitend individue, bestuurders en leiers, om ten alle tye verantwoordelik op te tree. Almal moet hul gedrag verander en daarna streef om veiliger werk- en lewensomstandighede te skep en nie om die pandemie deur  roekeloosheid te vererger nie,” sê, Phiri.