Game in North Cape Mall toe weens Covid-19-geval

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Game in die North Cape Mall is gister 6 Julie 2020 weens ’n positiewe geval van Covid-19 gesluit. Die winkel is deur die nag ontsmet en is weer vanoggend 7 Julie 2020 heropen.

Leon Gray, woordvoerder van die North Cape Mall, het aan FiND iT bevestig die winkel is gister toegemaak toe hulle gehoor het van ’n werknemer wat positief vir die virus getoets is.

“Die winkel is onmiddellik gesluit en deur ’n Game-goedgekeurde ontsmettingsonderneming ontsmet en skoongemaak. Verder is die hele gebou gedurende die nag van 6 Julie ontsmet. Die werknemer is in kwarantyn geplaas. Alle personeellede wat binne die afgelope sewe dae met hierdie individu in aanraking was, word vir Covid-19 getoets en vir 14 dae in kwarantyn geplaas.”

Gray het voorgegaan om te sê hul klante en werknemers se gesondheid kom eerste.