Elizabeth Conradie- skool gesluit weens positiewe gevalle

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Elcon (Elizabeth Conradie-skool) is Vrydag weens positiewe Covid-19-gevalle gesluit. Die skool sal gesluit bly tot verdere kennisgewing.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die departement van onderwys, het bevestig dié skool is Vrydag weens positiewe gevalle gesluit. “Die individue wat hierdeur geraak word, is tans in selfisolasie, terwyl diegene wat in direkte kontak was nog getoets word.”

“Ons moet beklemtoon dat dit individuele gevalle is wat aangemeld is, en ons werk saam met die departement van gesondheid om die kontakspore te bepaal. Sodra ’n positiewe saak aangemeld is, ontsmet die departement die skool onmiddellik. Ons sal verder bepaal of personeel of leerders by die betrokke skole psigososiale ondersteuning benodig en daarmee help.”