Hoekom bulletproof-koffie of tee goed is vir jou

Deel hierdie storie / Share this story

Bulletproof-koffie is ’n hoëkalorie-drankie met ekstra vette wat bedoel is om die begin van jou dag ’n hupstoot te gee. Die drankie het gewild geraak by laekoolhidraat-eters en volgelinge van ketogene eetplanne.

Baie ontbytopsies met hoë koolhidrate, soos graan, roosterbrood of gebak, bied ’n vinnige energie-boost, maar dit kan bloedsuiker ontwrig en mens weer vinnig na ’n soet dingetjie laat gryp. Bulletproof-koffie is ’n laekoolhidraat-alternatief vir ontbyt met baie koolhidrate.

Hier is ’n paar van die voordele:

  • Help met gewigsverlies
  • Help jou fokus
  • Laat jou versadig voel
  • Verminder jou eetlus
  • Stabiliseer jou bloedsuiker

Hoe om dit te maak:

Jy kan ’n teelepel ongesoute botter of ’n teelepel klapperolie by jou eerste koppie koffie van die dag voeg.