Die Sol Plaatje-universiteit se bouterrein in Scanlanstraat is Donderdag 25 Junie 2020 gesluit nadat een van die werkers positief vir Covid-19 getoets is.
Kashini Maistry, woordvoerder van die Sol Plaatje-universiteit, sê ’n werknemer van die konstruksiefirma wat op die terrein werk, is op Woesdag 24 Junie 2020 positief vir Covid-19 getoets. “Hy het Dinsdag en Woensdag griepsimptome ervaar.”
Na bevestiging van sy diagnose is die terrein met onmiddellike effek gesluit en sal dit gesluit bly totdat die regulatoriese periode van 14 dae voltooi is. Die universiteit sal op die hoogte van die saak bly.
Die direkte kontakte en kantoorkollegas sal as prioriteit vir Covid-19 getoets word en is in 14-dae-isolasie.
“Sol Plaatje-universiteit en sy vennote in die konstruksie is daartoe verbind om die veiligheid van alle personeel op die terrein en op die kampus te verseker.”



