Maak jou stem teen gesinsgeweld dik

Deel hierdie storie / Share this story

Baie Suid-Afrikaners beskou steeds huishoudelike geweld as ’n private saak, maar dit is ’n kriminele oortreding wat volgens wet strafbaar is.

Die regering het wetgewing deur die verskillende departemente ingestel om huishoudelike geweld te verminder.

Wat is huishoudelike geweld?

• Enige vorm van mishandeling wat fisieke, seksuele, emosionele, sielkundige of ekonomiese teistering insluit
 • Saakbeskadiging
• Agtervolging
• Toegang tot ’n persoon se huis sonder sy toestemming
• Enige ander beledigende of beherende gedrag waar sulke gedrag skade aan jou gesondheid, veiligheid of welstand kan veroorsaak.

As jy mishandel word, het jy die reg om vir ’n beskermingsbevel by die naaste polisiestasie of landdroshof aansoek te doen. Jy kan ’n kriminele klag by die polisiekantoor aanhangig maak en om ’n beskermingsbevel aansoek doen. ’n Bevel teen huishoudelike geweld is ’n dokument wat die hof uitreik wat die slagoffer teen die misbruiker beskerm.

Wie kan vir ’n beskermingsbevel aansoek doen?

  • Huweliksmaats
  • Mense wat saambly
  • Mense wat eens saamgebly het
  • Mense wat in ’n verhouding of saambly verhouding is
  • Mense wat kinders saam het
  • Mense wat verloof was
  • Bloedverwante of aangenome kinders
  • Lank gelede ’n huis gedeel het of steeds deel

Meld huishoudelike geweld  by jou naaste polisiekantoor of die GBV-kommandosentrum van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling aan: 0800 428 428.