CARNARVON – Polisielede het gister die gemeenskap van Bonteheuwel bewus gemaak van geslagsgebaseerde geweld, deur huise te besoek.
Die hoofdoel van die besoek aan die gemeenskap was om vroue en kinders sensitief te maak vir geslagsgebaseerde geweld en dat hulle sulke voorvalle onmiddellik by die plaaslike polisiekantoor moet aanmeld. Die mans is aangespoor om vroue en kinders te respekteer en oortreders wat hierdie regte skend, is gewaarsku dat hulle die volle mag van die wet sal ervaar.
Tydens die besoek het werklose moeders bestanddele ontvang om sop vir hul gesinne voor te berei as deel van die Jar of Hope-inisiatief in ’n poging om armoede te verlig.
Die lede het ook hul harte oopgemaak en slagoffers bederf met verversings wat hulle gekoop het.




