Greenstraat-roofverdagte in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die polisie hiér het ’n verdagte (25) in hegtenis geneem net ure na ’n rooftog in Greenstraat plaasgevind het.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê twee mans het ’n vrou van haar handsak beroof en van die toneel gevlug. “Die polisie het inligting opgevolg wat tot die inhegtenisname gelei het. Een verdagte is steeds soek.”

Die verdagte het gister in die Kimberley-landdroshof verskyn.