Skool ontruim na opvoeder glo positief vir Covid-19 toets

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Leerders van Beacon Primêre Skool is vandag huis toe gestuur na ’n opvoeder glo positief vir Covid-19 toets.

Die volgende SMS-boodskap is aan ouers gestuur:

Dear Parents/ Guardians We hereby wish to inform you that one of our Educators have tested positive for Covid 19, All Educators are currently being tested by Department of health. For Safety purposes the learners will dismiss at 11h 00 until further notice. Beacon Primary School. Yours in Education.

Lehuma Ntuane, woordvoerder van die departement van onderwys, sê op die oomblik is die skool as deel van die voorsorgmaatreëls ontruim. “Alle opvoeders by die skool word deur die gesondheidspraktisyns getoets. As daar ’n vermoedelike geval van Covid-19 is, verwys ons alle sake na die departement van gesondheid vir verwerking en advies. Ons doen ’n beroep op ouers, leerders en onderwysers om kalm te bly. Ons wil almal gerusstel dat die gesondheid en veiligheid van alle skoolgemeenskappe ’n prioriteit is.”