SA Airlink versoek onbeperkte binnelandse dienste

Deel hierdie storie / Share this story

“SA Airlink het die departement van vervoer genader en versoek dat onbeperkte binnelandse dienste vanaf 1 Julie 2020 na alle binnelandse bestemmings toegelaat word,”  aldus Rodger Foster, hoof uitvoerende beampte en besturende direkteur van SA Airlink.

Airlink-vlugte sal na Kimberley hervat word sodra die minister van vervoer en die NCCC aankondig dat fase drie van vlak drie van die risikogepaste program vir die verligting van die inperking geïmplementeer is.

“In hierdie stadium is daar geen aanduiding van wanneer fase drie geïmplementeer sal word nie, dit hang af van die strestoetsing van fase een en fase twee. Airlink het egter die departement van vervoer genader en versoek dat onbeperkte binnelandse dienste toegelaat word vir alle binnelandse bestemmings vanaf 1 Julie 2020.”

Al die binnelandse lughawens sal voorgestelde protokol vir risikovermindering volg voordat lugdienste hervat word. “Airlink het standaardprosedures vir risikovermindering in plek vir alle aspekte van die vlugervaring.”