Mbalula Fikile, minister van vervoer, sê op Twitter alle kommersiële vliegtuie het nou ‘n filtreersisteem wat die lug skoonmaak en virusse verwyder.
Fikile sê dié filtreersisteme, “High Efficiency Particulate Air (HEPA)”-filtreersisteem, word op dieselfde standaard vervaardig as die filtreersisteme wat in hospitale se teaters gebruik word. Dié filtreersisteem is 99.9% doeltreffend om virusse te verwyder, sê Fikile.



