Tafel Lager Griekwas verwelkom nuwe speler

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die Tafel Lager Griekwa-rugbyspan verwelkom Dan Kasende by sy Noord-Kaapse familie.

Hy het voorheen Wits-universitet verteenwoordig, waar hy jare lank in Varsity-bekerwedstryde uitgeblink het.

Kasende kan op sowel heelagter as vleuel speel – en Griekwas sien uit daarna dat hy Tafel Lager Park aan die brand speel.