Droom jy om plattelandse en verlate plekke te verken? Is jy lief om te reis en nuwe dinge te ondervind?
The road to Hell is ‘n roete na ‘n buitengewone plek – die Carlsbad Caverns Nasionale Park in Nieu-Mexico.
Die ingang na hierdie grot is beslis intimiderend. Dit lyk asof jy die hel binne-stap – ‘n gapende opening van ongeveer 30 meter verwelkom jou onderweg na die dieptes van die aarde.
Binne is die beligting maar skraps, wat die neem van foto’s bemoeilik. ‘n Plek soos hierdie laat jou opnuut die natuurskoon waardeer. Sowat 2.3 meter van stalagtiete en –miete, wat honderde miljoene jare geneem het om te vorm, omring jou. En dink daaraan dat dit bloot uit druppende water ontstaan het.
Elke aand teen ongeveer 19:45 vlieg die vlermuise uit, die nag in, op soek na kos.
As jy ‘n toer na Mexico beplan, is die Carlsbad Caverns Nasionale Park ‘n moet.




