FiND iT het by Sias Koen, bekende Griekwa-rugbyspeler, en sy vrou Wilné gaan aanklop om te hoor hoe dit met die paartjie gaan nadat hulle ’n pienkvoet ryker geword het.
Kleine Lara Koen is die 25ste Mei 2020 om 13:13 by Lenmed-hospitaal gebore. Wilné het normaal geboorte gegee en Lara het 3.83 kg geweeg.
Wilné sê hulle het uitdagings verwag met die geboorte tydens die nasionale inperking, maar het ’n wonderlike ervaring gehad. “Daar was nie uitdagings tydens nie geboorte nie, al het ons dit verwag. Die hospitaal was so goed vir ons gewees dat dit steeds die beste dag in ons lewe was.”
Die paartjie is vreeslik opgewonde oor die nuwe fase in hulle lewens.




