Republiek van Noord-kaap
Muishond deel sy Bees en Wildsbiltong resep met sy lesers:
Om biltong te eet is maar net een deel van die kultuur wat ons hier in die Noord-Kaap ervaar. Die hele proses om biltong op daardie draad in mamma se voorhuis te hang is wat jou as jagter, slagter en biltongkenner van die res skei.
Die resep wat Muishond vandag met julle deel is al jare deel van ons generasie en indien jy hierdie resep sou volg is een van die vereistes dat jy jou probeerslag ten minste aan die uwe moet blootstel om sodoende die graag van jou probeerslag te evalueer.
Net hardlooprugby is lekkerder as Muishond se resep:
Vir elke 1 kg Biltongvleis die volgende mengsel speserye:
18 gram Sout
2 gram swart peper
1 gram Bruinsuiker
4 gram Koljander
Sprinkel die biltongvleis so met woesestersous, terwyl dit speserye gegooi word.
Laat lê 12 ure, en roer weer goed deur. Hang na nog 12 ure uit in ‘n goed geventileerde vertrek, of voor ‘n waaier of in ‘n biltongkas…SONDER WARM LUG!
Jy mag ook toegelaat word om ure daarna te staar om sodoende die gemoedstoestand van jou innerlike self te stabiliseer.
Laat weet die uwe gerus hoe dit gaan. Stuur vir Muishond ‘n e-pos aan [email protected]. Muishond sal dit kry!



