Vandat die nasionale inperking op 26 Maart 2020 in werking getree het, is talle mense gefrustreerd gelaat oor die nuwe verbod op sigarette. Jalinda Burger (18) ’n mamma van een, gesels met FiND iT oor hoe sy noodgedwonge moes ophou rook weens sigarette wat uitspattig duur en onbekombaar geword het.
Hoe voel jy oor die verbod op sigarette
“Persoonlik voel ek as roker dat die sigaretverbod ’n baie slegte besluit is. Aangesien die verkoop van alkohol vanaf vlak drie sal plaasvind, sou dit beslis meer kommer wek oor iemand wat tuis sou rook. Ek verstaan ten volle die veiligheidsmaatreëls daaragter, maar ek glo dat die onwettige verkoop van sigarette in die sakke gaan van wie jy weet wie …”
Hoekom het jy ophou rook?
“Ek het ophou rook omdat die prys van net twintig sigarette belaglik is. Dit is glad nie die moeite werd om in die tronk te sit en ’n rekord te kry nie!”
Was dit moeilik?
“Aan die begin was dit moeilik.”
Kan jy nou nog sigarette in die hande kry?
“Ongelukkig en gelukkig het ek geen kontakte wat vir my met sigarette kan verskaf nie.”
Sal jy weer begin rook as die verbod gelig word?
“Eerlik, ek weet nie of ek weer sal begin rook nie. As ek so lank kon klaarkom, hoekom dan terugval na ou gewoontes?”



