KIMBERLEY – Wildeklawer, een van die groot besproeiingsboerderye in SA, beskik tans oor ’n pos vir Kwaliteitskontrole en Versekering (Pakhuis), vir ’n nuwe generasie wortel-en beetpakhuis, wat kunsmatige intelligensie as tegnologie gebruik.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir:
- Daarstel en deurlopende bestuur van die kwaliteitsprosedures, standaarde en spesifikasies
- Toepassing van IS0 2200 voedselveiligheidstandaarde in die pakhuis en die deurlopende dokumentering daarvan
- Verseker dat kwaliteitskontrole en versekering deurlopend op produkte uitgeoefen en toegepas word.
- Bestuur van toepaslike kwaliteitspersoneel
Vereistes:
- ‘n Toepaslike graad sal ’n sterk aanbeveling wees
- Ten minste 5 jaar toepaslike ondervinding in ‘n soortgelyke pos, met die nodige praktiese ondervinding en blootstelling in beide gesondheid en veiligheid
Vergoeding: ‘n Mededingende vergoedingspakket, gemeet aan kwalifikasies en ondervinding en
gerugsteun deur aantreklike byvoordele.
Stuur volledige CV aan: [email protected]
Sluitingsdatum: 15/05/2020
Navrae: Juandre Brand: 053 531 9725



