Werkloosheids-versekeringfonds steeds vir meeste ondernemings ’n nagmerrie

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA. – Sedert die inperking Suid-Afrika getref het in April was een van die grootste uitdagings waarmee ondernemings worstel die voortbestaan van hulle besighede. 

Goedgunstig het president Cyril Ramaphosa aangetoon dat die werkloosheidsversekeringsfonds regstaan om werknemers by te staan ten tyde van die Covid 19 krisis. 

Hierdie was vir die meeste werkgewers, sowel as werknemers, ’n sug van verligting. 

Die teendeel is vele ondernemings en of werkgewers het tot dusvêr die proses as ’n geweldige frustrasie ervaar.  Wat die proses meer gekompliseerd maak is dat die stelsel nie toelaat vir ondersteuning nie.  Jy kan wel ‘n e-pos stuur na [email protected] of die hulplyn skakel by 0800 030 007.  In beide gevalle was FiND iT se pogings onsuksesvol. 

Piet Nel, belasting projekleier van (SAICA), kom die meeste oponthoud en onvermoë van die fonds om uit te betaal voor wanneer aansoekers of die verkeerde inligting invul, te veel eis of bloot net nie die administratiewe proses reg volg nie. 

Meeste werknemers is ook nie daarvan bewus dat alhoewel jy as onderneming dalk wel jou personeel se voordeel uitbetaal aan SARS moet jy steeds geregistreer word by die werkloosheidsversekering ook.

Die enigste geval wanneer eise nie uit sal betaal nie is wanneer die onderneming nie geregistreer was nie of nie die bepaalde voordeel aan die fonds oorbetaal het nie.

In sommige gevalle bly hierdie egter ’n reusen frustrasie.

Aansoeke vir Mei 2020 is nog nie oopgestel nie, vanweë die bottelnek waarmee die fonds tans worstel.  

Vir meeste ondernemings kan die frustrasie die einde van hulle bestaan beteken.