SUID-AFRIKA. -John Steenhuisen, tussentydse leier van die DA, sê die inperking van dié land is nou ‘n tragedie.
“Die inperking gaan meer lewens kos as wat dit kan red. Dit is ‘n waarheid wat moet uitkom. Ons moet die inperkingskrisis stop.”
Steenhuisen sê daar is geen rede hoekom Suid-Afrika verder inperkings moet instel nie.
“Ons wou ons hospitale kans gee om gereed te wees vir die COVID-19 infeksies wat gaan kom. Dit is gedoen.”
Hy sê Suid-Afrikaners het geweet hulle gaan vir drie weke moet binnebly en het daaraan gehoor gegee. Nou is daar geen rede meer nie en ook geen eind-datum in sig nie.
Kyk sy volle aankondiging hier:



