Volkswagen gaan PE-perseel vir Covid-19 omskep

Deel hierdie storie / Share this story

By ’n media-inligtingsessie wat gister aangebied is deur die voorsitter en besturende direkteur, Thomas Schaefer, het Volkswagen sy vennootskap met die Duitse regering om die vakante PE-perseel in ’n tydelike mediese fasiliteit vir Covid-19 te omskep, aangekondig. Dit is ’n poging om pasiënte in die Oos-Kaap te help. Met die vennootskap van R105 miljoen sal Volkswagen se PE-fabriek omgeskakel word en gebruik word as ’n oorloop-mediesefasiliteit, wat tot 4 000 beddens kan akkommodeer vir pasiënte wat met Covid-19 gediagnoseer is.