KIMBERLEY – Die Noord-Kaap provinsie het gister ’n R2.3 miljoen skenking vanaf Longyuan Mulilo Wind Project as hulp ontvang om die geveg teen Covid-19 ’n hupstoot te gee.
Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het gisteraand op sy amptelike Facebook-bladsy gesê:
“Ons het vandag ’n ruim bydrae van R2,3 miljoen van die Longyuan Mulilo Wind-projek ontvang om ons stryd teen Covid-19 ’n hupstoot te gee. ’n Beroep word op die privaatsektor in die provinsie gedoen om deel te neem aan die stryd.”
#TogetherWeCanDefeatCovid19



