KIMBERLEY. – Die Royal Hospital and Heart Centre (Lenmed) het sy eerste COVID-19 geval behandel.
Hector MacKay, hospitaalbestuurder, sê die pasiënt is geisoleer, behandel en ontslaan.
“Die veiligheid van ons pasiënte, werknemers, besoekers, dokters en gemeenskap is ons prioriteit. Ons is heeltemal toegerus en gereed om die COVID-19 epidemie te hanteer. Al die ingange van die hospitaal word gemonitor. Die hospitaal het alle besoektye gekanselleer, met uitsonderinge vir pediatrie en die intensiewe-sorgeenheid.”
MacKay sê pasiënte met ernstige COVID-19 simptome, soos kortasem, moet vooraf die ongevalle-eenheid van die hospitaal skakel om voor te berei vir die pasiënt.
Alle ander pasiënte wat ligte simptome wys moet hulle huisdokter vir raad nader.
Hier is die nuutste syfers soos deurgegee deur die minister van gesondheid op 3 Mei:




