Covid-19 statistieke vir die Noord-Kaap

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP – Daar is tans 25 gevalle in die Noord-Kaap wat positief vir die koronavirus getoets is. Van die total het 16 reeds van die virus herstel.

Tot op datum is 1 634 toetse in die Noord-Kaap gedoen.

19 uit die 25 gevalle, waarvan 10 herstel het, is in die Francis Baard-distrik aangeteken.

Twee uit die 25 is in die David Kruiper-distrik aangeteken, drie in die Namakwa-distrik en een in die Pixley Ka Seme-distrik.