WES-KAAP – ’n Bekende strandrestaurant, Die Strandloper, het Woensdagaand 29 April 2020 afgebrand.
Volgens die eienaar, Justin Maltby, het die brand omstreeks 23:00 uitgebreek en is teen 01:00 geblus. Daar is nog onsekerheid oor wat die brand veroorsaak het.
Maltby sê hy vermoed die brand is dalk opsetlik gestig. Dié restaurant is die tweede een wat binne ’n paar maande in Langebaan afgebrand het.
Die polisie moet nog die saak ondersoek.



