Snaakse gediertes – deel 4

Deel hierdie storie / Share this story

Die wêreld se kleinste slang, die Barbadosdraadslang, kan homself op ’n muntstuk opkrul. Die slangetjie word op die Karibiese eiland Barbados aangetref.

Die gemiddelde lengte van volwasse slang is ongeveer 10 cm, en die grootste “monster” wat tot dusver gevind is, was 10, 4 cm lank. Dié slange is omtrent so breed soos  ’n spaghettinoedel.

Hulle lewe hoofsaaklik op ’n dieet van termiete en mierlarwes. Die Barbados draadslang is ovipaar en lê eiers om voort te plant. Die wyfie van hierdie slangspesie produseer slegs een groot eier op ’n slag. Die nageslag is ongeveer die helfte van die moeder se lengte.