Insameling vir Covid-19 verligting in Calvinia

Deel hierdie storie / Share this story

Daar is baie behoeftige mense in gemeenskappe, veral nou met die inperking. ’n Groepie vriende het die nood op Calvinia ook gesien en koppe bymekaargesit om geld in te samel om te help om die nood in huishoudings te help verlig.

 Die kospakkies wat Maatskaplike Ontwikkeling en SASSA uitdeel, is hopeloos te min om in almal se behoeftes te voorsien. Die fondsinsamelingspoging het Woensdag 22 April plaasgevind.

Die Covid-19-fondsinsameling  

Die Swembad-uitdaging soos dit gedoop is het by Leonardo de Wet ook ’n opvoeder by Hoërskool Hantam, se huis plaasgevind.

Die idee was om 1 000 rondes om die swembad te hardloop. Persone kan dan ’n ronde teen R20 borg. Die geld wat tydens die uitdaging ingesamel is, is in die munisipaliteit se spesiale rekening inbetaal wat ook hierdie projek sal bestuur. SASSA en Maatskaplike Ontwikkeling sal behoeftiges identifiseer. Oefenfietse was ook byderhand om deelnemers se spiere warm te hou. Die uitdaging was afgesluit laat Woensdagmiddag met 2 150 rondes om die swembad. Die organiseerders wil net vir hulle borge, Spar Calvinia en ander instansies bedank vir hulle onbaatsugtige bydrae om te help in hierdie donker tyd.