KIMBERLEY – Beauty, die pragtige miniatuur worshond-tefie het Saterdag in Belgravia verlore geraak.
Francois Reyneke, haar eienaar sê sy het Saterdag deur ’n waterdreineringspyp na die bure se erf gegaan. Hy vermoed sy het vir die bure se hond geskrik en is toe by hulle voorhek uit.
Indien enigiemand die hondjie sien of weet waar sy is, kontak asseblief dringend vir Francois by 072 572 6819.



