Bishopslaan frustreer inwoners

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die pad in Bishopslaan wat nie herstel word nie, raak nou ’n frustrasie vir inwoners. Volgens inwoners is die pad oopgegrawe en net so gelos.

“In die laaste vier dae het meer as 10 voertuie bande daar verloor. Meeste van hulle het ander skade ook opgedoen. Wanneer gaan die pad reggemaak word of word daar eers gewag tot ’n ongeluk gebeur?” het ’n inwoner op Facebook gesê.

FiND iT het by Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, navraag gedoen, maar wag steeds vir terugvoer.